Die vierde nywerheidsrevolusie se byt word al hoe erger gevoel en noodsaak ondernemings om drastiese en soms ongewilde stappe te doen ter oorlewing.
Só is tradisionele banke onder beleg weens toenemende mededinging van digitale banke, soos TymeBank, wat nie die bedryfskoste van vloerruimte en werknemers agter toonbanke hoef te dra nie.
Daar word verneem dat ’n massastaking van die hoofstroombanke se personeel beplan word in reaksie op beplande personeelvermindering.