Al wat Suid-Afrika nog kort, is Al Capone

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Al Capone  Foto: Facebook
Al Capone Foto: Facebook

In die dae van Al Capone het die rampokkerbendes in Amerika mekaar uitgeroei in hul stryd om die stede te regeer. In die proses het hulle die polisie en die politici met omkoopgeld en beloftes van politieke steun, asook geweld soos aanrandings, moord en ontvoerings in hul sak gehad. Ek wonder of ons nie vandag in dieselfde situasie verkeer nie.

Ons verneem al geruime tyd van polisie, politici, onderwysers en regsgeleerdes wat sonder dat hulle beroof word, in die straat doodgeskiet word. Die skieters kom aangery of aangestap, skiet, en gaan verder asof niks gebeur het nie. Voeg daarby die taxi-eienaars en bendelede wat op dieselfde wyse uitgewis word, op klaarligte dag, in die openbaar met talle getuies, en jy sien die hitmen van destydse Chicago in aksie.

Daar was ’n tyd, lank, lank gelede, toe vuurwapens selde in die hande van die kriminele element gevind is. Deesdae is dit die algemene wapen; die Okapi en die skerp speek is verouderde tegnologie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.42
+0.1%
Rand - Pond
19.86
-0.2%
Rand - Euro
16.71
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,774.94
-0.3%
Silwer
20.14
-0.6%
Palladium
2,159.00
+0.3%
Platinum
938.00
0.0%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.3%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos