My rubriek “Hoe diep lê rassisme?” (17.09) het ’n koor van kritiek uitgelok wat feitlik sonder uitsondering op een punt gehamer het: Waarom noem ek as voorbeelde van rassiste/rassisme slegs die name van wit mense en nie enige swart mense nie?
Vir kennisname: Ek dink ook dat individue soos Julius Malema, Ace Magashule en Andile Mngxitama meermale al rassistiese uitsprake gemaak het.
Watter verskil kon dié erkenning egter maak aan die basiese punt van my rubriek?