Die kookprogramme op TV fassineer my.
Ek hang aan die kokke se lippe. Van hoe hulle mooitjies hoeveelhede reeds afgeweeg in mengbakke gooi. Behendig met vlymskerp messe fynkap, braaiende bestanddele of souse blitsvinnig op ’n stoofplaat omtower in gesogte geregte. Ingewikkelde tegnieke deur ’n Michelin-stersjef wat voor my oë tóór. Dis asof ek self die kok word en dit berei. Maar jy misgis jou as jy dink ek het ’n passie vir die kombuis én kosmaak.
Dit word veral duidelik wanneer ek in die kombuis losgelaat word. My dogter het ongelukkig haar pa te fyn dopgehou toe sy klein was. Wanneer Pappa in die bui was vir kosmaak, het hy eers alles vooraf reggesit en beplan.