Ek verwys graag na Deon Bekker se brief in Beeld (30.10) waarin hy klem lê op honderdduisende mense wat in die donker moet studeer, hetsy by kerslig of lampies.
As dit nie was vir wanbestuur en korrupsie sedert die koms van demokrasie in 1994 deur die heersende regering nie, sou die erge armoede en wanhoop wat aan die orde van die dag is, nie so erg gewees het nie. Bekker behoort insig te kry oor die oorsake van die armoede en wanhoop.