Ek is jaarliks trots op ons stad Bloemfontein wat met die Vrystaat Kunstefees besoekers van wyd en syd trek. Telkens is ek teleurgesteld in die opvoerings, en nou weer – nie weens die kunsgehalte nie, maar oor taalgebruik.
Taal gee emosie weer aan die gehoor. Ongelukkig word woede nou uitgedruk deur vloeke; en nie sommer gewone vloeke nie, maar kru en afstootlike woorde. Aan die f-woord is ek amper gewoond weens baie mense se daaglikse gebruik daarvan. Myns insiens is hulle onbeskaaf en onopgevoed.
Maar k*k en n**i is van ’n ander soort. Gaan ons daaraan ook gewoond raak?