Ek wil met hierdie briefie die matriekleerlinge van 2021 gelukwens wat nie die een of ander toekenning gekry het of uitgenooi is na ’n galadag nie. Leerlinge met leer- en leesprobleme, ook dié in ’n rolstoel, wat deur middel van studieleiers en remediërende personeel ook matriek geslaag het. En nie net geslaag het nie, maar goed geslaag het. Ek huldig skole soos die Jan Krielskool, wat die spreekwoordelike ekstra myl stap, en studieleiers wat ure studietyd insit om leerlinge by te staan. Wat ’n voorreg. Baie geluk, matrieks!