Ek wou al reageer het op briewe, artikels en baie boeke wat geskryf is oor die “Grensoorlog”.
Ek was ’n kapelaan in die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en verantwoordelik vir die oproep en plasing van kapelane in verskillende gebiede.
Ek weet wat die impak en aandeel van die kapelane in dié tyd was. Wat opmerklik is in die meeste boeke is die afwesigheid wat die rol van die ondersteuningsdienste, soos die kapelaans-, mediese, maatskaplike en sielkundige dienste, in die Grensoorlog en daarna gelewer het. Dit is jammer dat feitlik geen opmerking gemaak word oor die reuserol van wat dié manne bygedra het nie.