Jacques Nienaber se verduideliking oor waarom Frans Steyn nie in die beginspan teen Skotland opgeneem is nie, is ’n lang, meestal onsamehangende relaas, wat daarop neerkom dat die besluit oor spankeuses reeds voor die toer geneem is en dat dit nie sonder meer verander kan word nie. Dit sou kwansuis vertroue in die afrigtingspan in die gedrang bring.
Die breë rugbypubliek is baie tevrede met wat die afrigtingspan met die Bokke bereik het. Sommige keuses, soos Steyn se weglating, is wel verdag, om die minste te sê. Steyn speel tans die beste rugby van sy lewe, in teenstelling met Willie le Roux. Die Europese toestande pas eersgenoemde soos ’n handskoen.
Ditto die besluit om te volhard met Herschel Jantjies, wat sukkel met die wedstrydplan van hoog skop en storm.