Die uitdagings met betrekking tot Eskom verwys. Hoe eet jy ’n olifant? In klein happies, anders verstik jy.
John Steenhuisen en dr. Pieter Groenewald en vele ander kan nie wag om ’n vurk in die kadawer te steek en groot happe te vat nie. Kortweg, ’n kitsoplossing. Dis duidelik net politieke dansies. Praktiese oplossings is grotendeels afwesig – stoot die kar sonder petrol nou aan die brand of ons betoog, gaan hof toe en teken petisies, ensovoorts.
Ek het in algebra geleer as jy nie die stappe verduidelik nie, kry jy nie ’n punt vir die antwoord nie. Helaas word geen poging aangewend om te verduidelik hoe die antwoord gevind gaan word nie.