Basil Kivedo, Worcester, skryf:
Die hele land staan verbyster oor die vloede wat KwaZulu-Natal teister. Lewensverlies, beserings, ontheemding en haweloosheid is hartverskeurend.
Sulke ramptoestande van hierdie omvang vereis drastiese, spoedige, kundige en strategies goed beplande ingryping. Dit is primêr die taak en funksie van ’n regering.