Louis Smith reken terug na die Bybel is die enigste geestelike behoud (Netwerk24, 23.10). Daar is honderde voorbeelde van teenstrydighede in die Bybel. Die Bybel is nie eens konsekwent oor die aard, optrede, wil en moraliteit van die Bybelse God nie.
Om voor te gee dat ’n bepaalde begrip oor iets wat iemand duisende jare gelede opgeteken het, voorkeur geniet bo iemand anders se begrip, is verregaande en dalk selfs laf.
Die Bybel bevat een waardige riglyn – behandel mense soos jy behandel wil word. Maar dis nie eens oorspronklik nie. En dié beginsel word verrinneweer deur die God van die Bybel se voorneme om almal wat nie maak soos hý sê nie, vir ewig aan vierdegraad-brandwonde bloot te stel.