Graag help ek prof. Pieter Pansegrouw (06.12) met sy interpretasie van die Bybel. Die Bybel is ’n samestelling van geskiedenis, mites en drome. Die geskiedenis (byvoorbeeld Moses en die eksodus) is geskryf soos aan die outeurs oorvertel, en wat hulle beleef en geglo het. Mites (byvoorbeeld Adam, Noag, Jona, ensovoorts) is van vele volke oorgeneem. Die res, veral Openbaring, kan nie letterlik geïnterpreteer word nie, want dit is beeldspraak.