Dr. Bernhard Ficker beweer Marius Krige is “klaarblyklik baie verward” (“Los ‘kampvuurstories’ en lees Bybel”, 08.11). Sommige van ons kan júis daaroor nie so maklik alle onsekerhede oor die Bybel van die tafel vee nie.
Ficker skryf ook: “Die Tien Gebooie is die wet van God en nie die wet van Moses soos Marius beweer nie.”
Nie net Moses nie, maar vele ander Bybelfigure het krag aan hul woorde probeer verleen deur te beweer “. . . so sê die Here”. Dog, het dit werklik altyd van die Here gekom? Lees as voorbeeld die reëlings oor offers, die reiniging van velkwale en ander “menslike voorskrifte” in onder meer Levitikus en besluit dan self daaroor.