Talle lesers het al hul ontevredenheid uitgespreek oor vergoeding van burgemeesters en raadslede. Feit is, ons demokrasie is ’n werkskeppingsprojek.
Die ANC het die ou stelsel van raadslede heeltemal verander na wyksraadslede en proporsionele raadslede. Die oogmerk van proporsionele raadslede is glo groter regverdigheid.
Kom ons neem die Kaapstad-metro as voorbeeld. Elke kieser het twee stembriewe voltooi, een vir wykskandidate en een vir ’n proporsionele stem. Daar is 116 wyke, dus 116 wyksraadslede. Proporsioneel is ’n verdere 115 raadslede aangestel. Dus ’n totaal van 231 raadslede.