Ek wil graag by Jan Venter (“Daar is nie net een antwoord op al die vrae”, 13.11) aansluit dat ons nie al die onsekerhede oor die Bybel net van die tafel kan afvee nie.
Die Bybel is deurtrek met growwe weersprekings en absurditeite, en ons kan dit mos nie net ignoreer nie. Dit sal beteken dat ons net uit die Bybel haal dit wat ons graag wil glo – net soos die Kerk nou al oor eeue doen.
Dr. Bernard Ficker (“Los ‘kampvuurstories’ en lees Bybel”, 08.11) sê ons moet liewers die Bybel lees, maar dis van Bybel lees dat ek ’n punt bereik het waar ek nie meer weet wat om te glo en wat nie.