Ek verwys na die brief van ds. Nic Ackermann oor “kapelaans-, mediese, maatskaplike en sielkundige dienste” se bydrae in die Grensoorlog (09.10).
Met die uitsondering van die mediese dienste, wat voortreflik was, was daar maar min te sien van die ander “dienste”.
Ek werk met ’n paar ouens wat hulp benodig het, maar nooit enige berading gekry het nie. Dit was ons ondervinding dat as jy jou grensdiens voltooi het, jy so vinnig moontlik huis toe gestuur is.