Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se ikoniese album Eet kreef! van 1989 is na 30 jaar deur ’n sestal rockers uit Stellenbosch in die Kopanong-Kovsiekerk op die Vrystaat Kunstefees opgevoer. Laudo Liebenberg (aKing) was die sanger. Schalk van der Merwe (baskitaar), Etienne van Rooyen (klawerbord), Frank Freeman (kitaar) en Sheldon Yoko (tromme) was die ander orkeslede. Foto: Mlungisi Louw
Foto: Mlungisi Louw
My skoonma (85 jaar oud – of jonk!?) kom elke jaar Vrystaat Kunstefees toe. Sy noem dit maar nog steeds die Vryfees.
Sy wil shows kyk. Dramas wat jou laat wroeg en worstel en ’n traan laat wegpink, en komedies wat jou laat skaterlag. En haarself aan die musiek kan oorgee.
Want dit ís die Kunstefees – met variasie en verskeidenheid vir alle smake en soeke. Daar is selfs geleentheid vir professionele uitstappers wat elke jaar gereed is om weens ’n “f*k” hier en ’n “m**r” daar ’n show met morele moerigheid te verlaat.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.