Alles dui daarop dat die ANC in die 2024-verkiesing nie ’n volstrekte meerderheid sal behaal nie – hulle is besig om hulself te vernietig!
Indien geen ander party egter ’n volstrekte meerderheid behaal nie, sal ’n koalisieregering ons voorland wees. So ’n regering sal nie spontaan tot stand kom nie, en daarom moet die huidige politieke partye nou reeds aan ’n plan begin werk.
Na my beskeie mening sal die beste moontlike koalisie saamgestel kan word uit die DA, ActionSA, die VF Plus en die IVP. Gesprekke oor ’n moontlike koalisie moet nou reeds begin, en hulle moet nou al die volgende twee dinge begin doen: