Gert Smal se uitsprake rakende die “afgewaterde” Curriebeker-reeks het betrekking. Ek dink sy kommentaar sou iets soos volg gewees het indien die Bulle vandag die Curriebeker-eindstryd gewen het:
“Ja-nee, die Bulle heg nog altyd groot waarde aan die Curriebeker – Suid-Afrika en die wêreld se oudste provinsiale kompetisie.
“Daar is selfs Springbok-spelers wat nog nooit die Curriebeker gewen het nie en hulle beskou dit tot vandag toe as ’n leemte in hul loopbane.