Ek en my vrou het Elsabé Brits se wetenskap-artikel “Grootste stofwolk, besoeker uit ruimte” (28.09) intens geniet.
Ek geniet elke artikel wat sy skryf, selfs ook sommiges wat handel oor ingewikkelde wetenskaplike onderwerpe wat ek nie eintlik altyd verstaan nie.
Die verstommendste van haar artikels is vir my dat sy, sover ek weet, nie self ’n wetenskaplike is nie, maar ’n joernalis: ’n baie goeie een!