Covid-19 het ons mense agter maskers gemaak wat ’n gesonde afstand handhaaf ter wille van ons gesondheid. Dit lyk vir my die pandemie het ons nommers laat word. Ons hoor elke dag van soveel mense wat positief getoets is en soveel mense wat gesterf het. Name word selde amptelik genoem.
Ek het die afgelope week weer beleef hoe ons nommers geword het toe my seun in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem opgeneem is vir ’n kolonoskopie.
Ons het my seun 06:00 laat opneem vir die prosedure. Hy het die hele dag, tot 17:00, op die dokter gewag vir die prosedure.