In ’n gespek op die KKNK, waaroor Volksblad verslag gedoen het (04.03), sit prof. Christi van der Westhuizen die pot mis deur te beweer dat die voormalige NP-regering ’n welsynstaat vir wit mense bedryf het.
Ja, daar was werkskepping vir wittes in die staat en deur arbeidsprogramme, maar hulle het as teenprestasie effektiewe dienste gelewer en infrastruktuur geskep deur onder meer damme en kanale te bou. Dit het alles tot ekonomiese groei gelei en wit en swart het hierin gedeel.
Dit was in werklikheid ’n wit arbeidstaat. Ná 1994 het die wit arbeidstaat begin plek maak vir ’n swart welsynstaat.