Toe is daar lekker Suid-Afrikaanse lemoene!
Soet en sappig, een heerlike skyfie ná die ander . . . en ek moet bieg, lemoen vir lemoen net so lekker en selfs beter as die beste ingevoerde lemoene.
Dankie aan Margaret McGregor van Citrusdal wat tot my redding gekom het met ’n sakkie van Bergsoom se bobbejaan-geselekteerde lemoene.