In reaksie op my brief (23.02) waarin ek gevra het waar die lewensbedreigende goggas soos bosluise en parasiete vandaan kom, het iemand ’n artikel, “Destructive parasites: expressions of God’s creation?”, wat op crea-tion.com gepubliseer was, as antwoord aangebied.
Dié artikel begin met die stelling dat dit ’n uitdagende taak is om te probeer om die bestaan te verklaar van die bloedsuiende insekte wat siektes, blindheid en die dood kan veroorsaak.
Op sterkte waarvan hulle dié bewering maak, weet ek nie, maar muskiete en ander lewensbedreigende bloedsuiers het voor die sondvloed glo net op heuningdou, plantsappe en moontlik ander insekte oorleef. Hul bloedlus het eers ná die vloed ontwikkel.