Graag verwys ek na prof. Anton van Niekerk se rubriek “Hoe gedenk ’n mens ’n taal?” (07.06).
Hoewel ek respek het vir die skynbare objektiwiteit waarop Van Niekerk oor die jare heen Afrikaanse kwessies in hierdie koerant benader het, was my waarneming dat hy gewoonlik die teenoorgestelde of ’n alternatiewe standpunt inneem, wat natuurlik sy goeie reg is.
Met respek gesê, die rubriek trag om gebalanseerd te wees, maar sy mening, terugskouend, dat daar eerder meer “indrukwekkende monumente van taal” by onder meer skole en universiteite gevestig kon word, is ironies en gewoon lagwekkend.