Die jammerlike toestand van ons vliegtuie is ’n verdere bewys dat ons land ’n totale gemors is.
Dit is as gevolg van ’n korrupte en onbekwame regering. Ons kan net om ons kyk om te sien hoe dinge toegelaat is om agteruit te gaan.
Daar is nie een staatsdepartement wat behoorlik werk nie. Hoe kan hulle – gegewe die voortdurende geneigdheid om persoonlike koffers te vul met geld wat geoormerk is vir noodsaaklike projekte soos behuising en behoorlike sanitasie, om maar ’n paar te noem – help om die lot van die armes te verlig? Dorpe en stede is omgeskep in lelike, vuil en verlate stortingsterreine. Wat ook die ANC aangeraak het, het in skuim verander. Totale mislukking.