Ek was vandeesweek by ’n nabye familielid se gradeplegtigheid by die Universiteit van Kaapstad (UK).
Toe ek so saam met honderde ouers, oupas, oumas, ma’s, pa’s, kleinkinders ensovoorts sit en saam hande klap en die atmosfeer inneem, gaan my gedagtes ver terug.
Om my slaan die klanke van marimba-musiek vrolik op; mense omhels gegradueerdes gul en 500 afgestudeerdes van alle stande beweeg onder toejuiging aan vir die kap op die kop van die kanselier. Hulle poseer trots op ’n foto met die kosbare sertifikaat in die hand.