Lank voor die Wêreldbeker-toernooi was daar briewe oor Faf de Klerk wat balbesit wegskop. Ons het dit weer gesien in Woensdag se wedstryd tussen Suid-Afrika A en die Britse en Ierse Leeus.
Ek vermoed sy kop het ietwat te groot geword en hy verbeel hom hy moet die wedstryd dikteer. Langs hom is uitmuntende losskakels wat akkurater taktiese skoppe kan uitvoer. Maar nee, Faf wil die ster wees.
Ek het nog nie veel voordeel van sy skoppe bespeur nie. Kosbare balbesit word gemors en ’n aanvalsgeleentheid word omgesit in ’n verdedigingspatroon.