Ook Bekommerd, Stellenbosch (“Indien nie Ramaphosa nie, wie dan?”, 31.07) bevraagteken my twyfel in pres. Cyril Ramaphosa as leier (26.07) en sê daar is niemand anders of beter nie.
Ek dink tog dat Tito Mboweni ’n beter en sterker leier sou wees, asook Kgalema Motlanthe. Trevor Manuel is my eerste keuse, maar hy is nie “swart” genoeg nie en dus onaanvaarbaar vir die spul in die ANC wat die party bo landsbelang stel.
Wat die kabinet betref, behoort Christo van der Rheede minister van landbou te wees, Lennit Max minister van polisie, ensovoorts.