Ds. Piet Otto pleit daar moet weer na die waarheid van die Skrif teruggekeer word (12.10).
Die vraag is: Watter waarheid? Die waarheid van ’n skepping in sewe dae en dat die aarde 6 000 jaar oud is of ’n aarde wat miljarde jare oud is? Die waarheid dat die vrou ondergeskik is aan die man of geslagsgelykheid? Die aanhou van slawe of die verbod op slawehandel? Die antwoord van Christus dat die liefde gelyk staan aan geloof in God, of die God wat jou tot in die vierde geslag gaan straf of dat geloof in Christus maak dat jou sonde vergewe is?
As ons terugkeer, dominee, mag ons dan net ’n paar honderd meter op ’n Sondag reis?