Onlangs is daar op ’n radiogeselsprogram beweer dat die militêre veterane om ons almal se vryheid geveg het. Wel, wat my betref, het die ANC se vryheidstryd my vryhede beperk.
Dié universiteit, terloops, is gestig, ontwikkel en versorg deur hul Afrikaanssprekende voorouers. Dit word geregverdig deur te beweer dat die universiteit goedgesind teenoor buitelandse studente moet wees.
Wie se universiteit is dit in die eerste plek? Sover ek weet, is dit die enigste universiteit ter wêreld wat sy moedertaal verloën ten behoewe van vreemdelinge;