Ek verwys na die berigte rakende die ondersoek deur die Menseregtekommissie (MRK) na die skending van menseregte aan die Universiteit Stellenbosch (US).
Hoekom was dit nodig om die MRK te betrek by ’n dispuut waarby huiskomiteelede van koshuise betrokke was? Kon die probleem nie intern opgelos gewees het nie?
Die US word uitgedaag deur ’n paar “stryders” wat die reg op vrye spraak in koshuise en op kampus wil dwarsboom. Is hierdie studente nie bewus dat vryheid van spraak ’n mensereg is nie?