Plaas groot asseblief tog die brief. Eerstens om Beeld te bemark, dan die Afrikaanse Taalmonument (ATM) in die Paarl, dan die Vrouelandbou-unie (VLU) – en sommer vir die pret ook.
Waar ons ook al gaan, gaan Beeld saam. Ek sit nog so lekker by die Dikhololo-natuurreservaat en lees Saterdag 21 Mei se uitgawe toe ’n nuuskierige – of is dit leergierige – koedoe kom saamlees. Almal is bewus van die woelinge rakende die ATM se naam. Hou dit asseblief tog net so dat elke liewe koedoetjie dit kan verstaan.
Die VLU van Overvaal se strewe vanjaar is om kinders te bemagtig met sosiale en basiese vaardighede. Toe bemagtig ons sommer koedoes ook om te lees.