Ek kan met sekerheid sê ten tyde van die inperking het sakelui in kantore met private kroeggeriewe en burgers by hul huis saam met familie en vriende soos gewoonlik “partytjie” gehou. Dit wat betref die mense van Brittanje en hier by ons.
Die inligting dat dit ook in 10 Downing Street gebeur het, het die Britse politici, die media en prof. Pieter Pansegrouw soos ’n bom getref.
Dit is verstaanbaar dat die leiers van ’n regering weens die erns van die pandemie die voorbeeld moet stel en dat wat hulle gedoen het, ’n vraagteken oor Boris Johnson (en sy personeel) se insig en integriteit plaas. Die oortreding regverdig wel nie dat al die Engelse veiligheidshoofde en Johnson verwyder en swaar gestraf moet word soos Pansegrouw aanbeveel nie.