Die Covid-19-pandemie het baie koppe wakker geskud. Ter plaatse ontbloot die inperking met sy gepaardgaande regulasies die onvermoë van die regering.
Die verkoop van gaar kos is taboe. Aan die anderkant word potte vol kos daagliks op die dorp voorberei en onder honger kinders versprei. Wat is die verskil? Daar is steeds ’n samedromming, die een is bloot gratis en die ander kos geld.
Ander realiteite kom ook na vore. Vroeëre SEB-aanstellings het ons veiligheidsmagte gereduseer tot instellings wat nie eens in normale tye die reg en orde kan handhaaf nie. Met die sosiale onrus weens die regering se onrealistiese regulasies om die draai, gaan die poppe dans.