Tydens die apartheidsera bevind die hof in ’n geregtelike ondersoek dat Ahmed Timol in 1971 na sy dood vanuit die tiende verdieping van die destydse John Vorsterplein geval het. Ook dat dit selfmoord was en niemand is vervolg nie.
Nou moet João Rodrigues, ’n oudsersant van die destydse veiligheidspolisie, gaan pa staan vir Timol se dood. Die hooggeregshof het met die nuutste geregtelike ondersoek bevind dat Timol vermoor is.
Rodrigues is die enigste beskuldigde op aanklag van moord en al sy pogings om vervolging vry te spring, is deur die appèlhof van die hand gewys. Die hooggeregshof het bevind dat Rodrigues nie aan Timol se moord deelgeneem het nie, dog hy word nou vervolg omdat hy oor die omstandighede gelieg het.