Die MRK se bevindinge oor die Universiteit Stellenbosch se “slegs Engels”-beleid in sy verwelkomingstyd, laat klop my Afrikaanse hart warm.
Wat die afgelope paar jaar by my alma mater gebeur, laat my dink aan die vernedering wat my pa en sy broers 100 jaar gelede op skool moes verduur as hulle dit gewaag het om Afrikaans te praat. In die hoekie staan met ’n plakkaat met die woord “Donkey” daarop was jou voorland as jy “that kitchen language” durf besig het. Die juffrou, ingevoer uit Engeland, kon nie hul taal verstaan nie.
Miskien is dit omdat ons van ons voorgeslag se swaarkry weet dat ons respek het vir ander mense se taal, maar ook verwag dat hulle ons taal sal respekteer.