Vryheidsdag is in Mbombela “gevier” sonder ’n ma en haar gestremde kind wat Saterdagnag wreedaardig op ’n plaas daar vermoor is.
Dit skreeu ten hemele dat ons “vryheid” vier terwyl daar ’n beduidende toename in moorde is – veral in landelike gebiede, waar weerlose boere in deurlopende vrees leef. Dis nié vryheid nie.
Die politici van hierdie land is direk aandadig by wyse van hul deurlopende rasbeheptheid – as jy lank genoeg ’n leuen vertel, word dit as die waarheid geag.