Barnard Beukman gee goeie wenke in sy rubriek “Dink slim oor DA-diskoers” (20.10).
Ek wil byvoeg: Kom ons skuif die klem in verkiesings van velkleur na waardes. Alle suksesvolle nasies doen dit. Suksesvolle waardes sluit in werketiek, dissipline, mededinging, rekenpligtigheid, menseregte, individualisme, private eiendom en entrepreneurskap. Die moderne sekulêre staat moet hom distansieer van kultuur en die gebruike van etniese gemeenskappe.
Vrondo Banda, oud-MK-kader, het dit geïmpliseer toe hy in 1994 die Soweto-tak van die Nasionale Party gestig het met die woorde: “The NP possesses the necessary political and economic expertise to run a country, and, unlike the ANC, know how to govern.”