Min. Tito Mboweni se aankondiging dat wetgewing voorberei word om lede toe te laat om geld uit hul pensioenfondse te onttrek, moet gesien word vir wat dit is – stemwerwery.
Dit is redelik seker dat die plaaslike verkiesings uitgestel sal word. Met die faksiegevegte in die ANC in volle swang, kan hulle nie nou ’n verkiesing bekostig nie. Hulle het tyd nodig om interne en ander probleme op te los. Ook om voor te berei, en stemme te werf. En wat werf beter stemme as ’n rand of twee in die sak?
Die verkiesing sal moontlik in Februarie volgende jaar plaasvind. Nou kondig die president ’n verhoogde toelaag aan wat tot Maart, dus ná die verkiesing, betaal sal word. Terselfdertyd besef Mboweni die kiesers het geld nodig en nou wil hy dringend die pensioenwetgewing deurvoer.