Bid jou aan, die president van Suid-Afrika moet om ’n mandaat vra by die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sodat spesiale eenhede alle Covid-19-transaksies mag ondersoek.
Dit is dieselfde NUK wat luidens berigte in ’n binnegeveg betrokke was oor wie in die buit mag deel en wie nie.
Miskien moet die president na sy voorganger gaan kyk en sien dat hy dit nooit nodig geag het om ’n mandaat van die NUK te verkry om op te tree nie, al was dit dikwels die verkeerde optrede. Hy het goed geweet dat hy ’n mandaat by die burgers gekry het en dat die Grondwet hom dus die mag gegee het om op te tree.