Die jongste sinnelose veranderinge wat by RSG aangebring is, is waarskynlik die laaste stuiptrekkings. Dis die benoude spronge van ’n benoude kat!
Niemand kan agterkom wat die doel van die veranderinge is nie. As dit verbetering is nie, beteken dit hoegenaamd niks. Die stasie probeer so hard om alles vir almal te wees dat dit nou niks vir enigiemand geword het.
’n Mens kan nou netsowel na enige ander stasie luister, jy kry oral dieselfde swak musiek aangebied deur swak, onprofessionele omroepers. Ek is bevrees die enkele ankerprogramme wat deur gesoute omroepers aangebied word, is waarskynlik nie genoeg om luisteraars te behou of na RSG te lok nie. Dit is eenvoudig nie ’n plesier om te hoor hoe Afrikaans verkrag word deur “omroepers” wat die taal nie behoorlik magtig is nie.