Suid-Afrika sit tans met sy eie Beiroet-ramp. Waar die hoofstad van Libanon deur ’n reuse-ontploffing geruk is, is Suid-Afrika deur ’n magdom ekonomiese ontploffings oor die laaste paar jaar geruk.
Net soos Beiroet ná die ontploffing bloei, is die Suid-Afrikaanse ekonomie aan flarde geruk. Soos die voorblad van Die Burger op 6 Augustus berig oor Beiroet – “Dakloos: 300 000, Beseer: 5 000+, Dood: 135+”. Die skade in Suid-Afrika is egter veel groter!
Op 11 deser word berig: “Libanon se regering het op 10 Augustus bedank. Die premier van Libanon, Hassan Diab, het gesê die reuse-ontploffing wat Beiroet, die hoofstad, geruk het, is die gevolg van endemiese korrupsie.”