Wat ’n wonderlike ondervinding moet dit nie wees nie vir die vroue om skatryk boere te ontmoet op die televisieprogram Boer soek ’n vrou. Ek is seker as die program getiteld was Arm boer soek ’n vrou, sou hulle waarskynlik nie ingeskryf het nie. Die kriteria waarvolgens die boere gekies word om deel te neem, is die hoeveelheid korrespondensie wat hulle kry, en dit is ooglopend dat die “welaf” boere die meeste aandag kry.
Wees versigtig “welaf” boere, jy mag dalk letterlik en figuurlik kaalbas daar uitstap. Wat van ’n program Arm boer soek ’n skatryk vrou? Ek twyfel of daar reaksie sal wees van ons welaf dames!
En in terme van rassesamestelling, waar is ons ryk swart boere dan? Ek vra maar net.