Emile Terblanche, dis voorwaar ’n teleurstelling as jy ’n sakkie mooi lemoene koop en dit is nie “lekker soet” nie.
Lemoene is ’n wonderlike sitrusvrug omdat jy dit kan eet of die sap kan uitdruk om te drink.
Wanneer die soetlemoen effe suur is, kan die suur in ’n redelike mate geneutraliseer word deur ’n bietjie tafelsout daaroor te strooi. Suiker is nie heeltemal die oplossing nie, want dan is die smaak suur en soet tegelykertyd. Wanneer jy die sap in ’n houer gooi, sal die suiker dit wel tot ’n mate versoet.