Basil Kivedo, Worcester, skryf:
In 2016 het Open Stellenbosch die Universiteit Stellenbosch gedwing om Engels die primêre onderrigtaal te maak. Sover vir tirannie en diktatoriale werkswyse. Geen sweempie respek vir onderhandelinge en die gees van demokrasie nie. Nou maak hulle kapsie teen groepe “wat druk op die universiteit uitoefen om Afrikaans weer die hoofonderrigtaal te maak”. Die pot verwyt die ketel dat hy swart is!
Open Stellenbosch maak die roekelose stelling dat “konserwatiewe groepe wat deur die DA gelei word” druk op die US uitoefen. Wat ’n flagrante vermetelheid.