Barnard Beukman (17.08) skryf dat Tito Mboweni, vorige minister van finansies, die “ANC-toets gedop het”.
Hy is absoluut reg. Mboweni staan uit as ’n man met ’n wye ervaring in die glibberige wêreld van internasionale finansies, intellektueel afgerond en ’n gemoedelike man met ’n goeie sin vir humor.