Die Weskus Nasionale Park is waarskynlik een van die mees “boklose” parke in ons land.
Dit maak die hart seer om te sien hoe besoekers tydens vakansietye stadig by die park inry en met groot verwagting kyk om tog iets te sien. Ja, die veld is mooi, maar gesinne met kinders wil graag iets meer sien. Toegegee, die voëllewe is besonders.
Dit was dus ’n skok om te verneem dat Sanparke beroepsjagters deur middel van ’n tenderproses gebruik om tussen 20 Januarie en 31 Januarie vanjaar 200 elande en 300 volstruise te skiet. Hiervoor word glo ’n helikopter, vragmotors en 4x4’s gebruik.