Die stories van Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp se ouers laat ’n bitter smaak in die mond. Ek wonder net hoe wil haar ouers nou eintlik hê Oscar moet berou toon? Hy’t klaar die hofsaak deurstaan, hy’t meer as die helfte van sy tronkstraf sonder baklei uitgedien, hy’t uitgereik na haar naasbestaandes . . . Wat dan nou nog? Is dit dalk dat hulle geld van hom verwag? Dit sal haar ook nie terugbring nie. Ek weet, ek het ook al ’n seun verloor. Die beste manier is om te vergewe en saam met die verlange te leef. Die aanhoudende kontak met die “oorsaak” sal haar nie terugbring nie.